19 As Ek lief is vir mense, dan straf Ek hulle en Ek leer vir hulle om die regte dinge te doen. Daarom moet jy begin lewe soos Ek wil hê, en jy moet hard werk vir My!
20 Ja, Ek is soos iemand wat by ’n deur staan en klop. As iemand my stem hoor en hy maak die deur oop, dan sal Ek inkom. Ek sal saam met hom eet, en hy sal saam met My eet.
21 Ek het oorwin en Ek het saam met my Vader op sy troon gaan sit. As jy oorwin en aanhou glo, dan sal Ek vir jou sê jy mag saam met My regeer, jy mag saam met My op my troon sit.
22 As jy verstaan wat die Heilige Gees vir die gemeentes sê, dan moet jy gehoorsaam wees!”