3 Die Persoon op die troon het gelyk soos jaspis en karneool. Rondom die troon was ’n reënboog wat soos smarag gelyk het.
4 Rondom die troon was daar 24 trone. Op die trone het 24 ouderlinge gesit. Hulle het wit klere gedra, en op hulle koppe was daar goue krone.
5 Daar het weerlig en donderweer van die troon gekom en dit het geraas. Sewe fakkels het voor die troon gebrand. Dit was die Sewe Geeste van God.
6 Voor die troon was daar iets wat gelyk het soos ’n see van glas, dit was so helder soos kristal.In die middel, rondom die troon, was daar vier diere. Elke dier se liggaam was vol oë, voor en agter.
7 Die eerste dier het gelyk soos ’n leeu. Die tweede dier het gelyk soos ’n bul. Die derde dier se gesig het gelyk soos ’n mens se gesig. Die vierde dier het gelyk soos ’n arend wat vlieg.
8 Elke dier het ses vlerke gehad, en daar was oë oral op die vlerke, bo en onder. Die vier diere het aangehou sing:“Die Here God, die Almagtige,is heilig, heilig, heilig!Hy was altyd daar,Hy is nou daaren Hy sal weer kom!”
9 Ja, die vier diere het die Persoon wat op die troon sit, geloof en geprys. Hulle het vir Hom dankie gesê, vir Hom wat altyd lewe.