7 Die eerste dier het gelyk soos ’n leeu. Die tweede dier het gelyk soos ’n bul. Die derde dier se gesig het gelyk soos ’n mens se gesig. Die vierde dier het gelyk soos ’n arend wat vlieg.
8 Elke dier het ses vlerke gehad, en daar was oë oral op die vlerke, bo en onder. Die vier diere het aangehou sing:“Die Here God, die Almagtige,is heilig, heilig, heilig!Hy was altyd daar,Hy is nou daaren Hy sal weer kom!”
9 Ja, die vier diere het die Persoon wat op die troon sit, geloof en geprys. Hulle het vir Hom dankie gesê, vir Hom wat altyd lewe.
10 Elke maal wanneer hulle dit doen, dan het die 24 ouderlinge op die grond gaan lê voor die Persoon wat op die troon sit. Hulle het tot Hom gebid, tot Hom wat altyd lewe. Hulle het hulle krone voor sy troon neergesit en gesê:
11 “Here, ons God,almal moet U eeren prys en sê hoe sterk U is!Ons wil U eer!Ons wil U prys!Ons wil sê hoe sterk U is!Want U het alles gemaak!Ja, U het so besluit,daarom is alles daar,U het alles gemaak!”