1 Ek het gesien die Persoon wat op die troon sit, het ’n boekrol in sy regter-hand. Daar was baie woorde op die boekrol geskryf, binne en buite. Die boekrol was toegeplak met sewe seëls.
2 Ek het ’n sterk engel gesien. Hy het hard geskree en gesê: “Wie mag die boekrol oopmaak? Wie mag die seëls op die boekrol breek en die boek oopmaak?”
3 Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boekrol oopmaak of daarin kyk nie.
4 En ek het baie gehuil omdat daar niemand was wat die boekrol kon oopmaak of daarin kon kyk nie.
5 Maar een van die ouderlinge het vir my gesê: “Jy moenie huil nie! Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Wortel van Dawid, het oorwin. Daarom kan Hy die sewe seëls breek en die boekrol oopmaak.”
6 Toe sien ek ’n Lam. Die Lam het by die troon gestaan, tussen die vier diere en die ouderlinge. Dit het gelyk of die Lam geslag is. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die Sewe Geeste van God. God stuur hulle oor die hele aarde.