15 Die sesde engel het die vier engele losgemaak. God het hierdie engele gereedgehou tot op hierdie tyd, tot op hierdie dag, hierdie maand, en hierdie jaar, sodat hulle een derde van die mense moet doodmaak.
16 Die soldate op perde was baie miljoene, ek het gehoor hoe baie hulle is.
17 Ek het die perde en die soldate gesien, hulle het só gelyk: Die soldate het harnasse gedra. Die harnasse was baie rooi en baie blou en baie geel. Die perde se koppe was soos leeus se koppe. Daar het vuur en rook en swael uit die perde se bekke gekom.
18 Ja, God het die mense gestraf. Die vuur en die rook en die swael wat uit die perde se bekke gekom het, was die drie strawwe van God, dit het een derde van die mense doodgemaak.
19 Die perde het hulle bekke en hulle sterte gebruik om mense seer te maak. Hulle sterte was soos slange, hulle sterte het koppe gehad en dit het die mense seergemaak.
20 Maar die mense wat nie gesterf het van die vuur en die rook en die swael nie, het nie begin lewe soos God wil hê hulle moet lewe nie. Hulle het die duiwels en die afgode aanbid, afgode van goud en silwer en brons en klip en hout, afgode wat nie kan sien of hoor of loop nie!
21 Die mense wat nog lewe, het aangehou om ander mense te vermoor of om te toor of om onsedelik te lewe of om te steel.