9 Die sprinkane dra harnasse wat lyk soos harnasse van yster. Hulle vlerke raas baie, soos baie oorlogkarre en perde wat oorlog gaan maak.
10 Hulle sterte is soos skerpioene se sterte en hulle het ook angels waarmee hulle die mense steek. Die skerpioene kan hulle sterte vyf maande lank gebruik om die mense seer te maak.
11 Die sprinkane se koning is die engel van die onderwêreld. Sy Hebreeuse naam is Abaddon en sy Griekse naam is Apollion.
12 Die eerste swaarkry is verby, maar daar kom nóg twee tye wanneer mense sal swaarkry!
13 Die sesde engel het sy trompet geblaas. Toe hoor ek iemand praat tussen die vier horings van die altaar, die goue altaar wat voor God staan.
14 Hy het vir die sesde engel, die engel wat die trompet het, gesê: “God het vier engele vasgebind by die groot Eufraat-rivier. Jy moet hulle losmaak!”
15 Die sesde engel het die vier engele losgemaak. God het hierdie engele gereedgehou tot op hierdie tyd, tot op hierdie dag, hierdie maand, en hierdie jaar, sodat hulle een derde van die mense moet doodmaak.