1 Ek, Paulus, skryf hierdie brief vir julle. Ek is ’n dienaar van Christus Jesus. Christus het my gekies om ’n apostel te wees en Hy het vir my die werk gegee om die goeie boodskap van God te bring.
2 God het lank gelede vir die profete gesê hulle moet in die Ou Testament skryf dat Hy vir die mense die goeie boodskap belowe,
3 die goeie boodskap oor sy Seun. Die Seun het mens geword, en Hy was van die nageslag van Dawid.
4 Die Seun het gesterf, maar God het Hom weer laat lewe. Daarom het die Heilige Gees gesê Christus is die Seun van God wat alles kan doen. Ja, Hy is Jesus Christus ons Here.
5 Christus was baie goed vir my en Hy het my gekies en aangestel om ’n apostel te wees. Ek moet vir al die heidene van Hom vertel, sodat hulle in Hom kan glo en gehoorsaam kan wees aan Hom. Dan sal almal weet wie Christus is.