15 Dit is hoekom ek ook graag by julle in die stad Rome die goeie boodskap wil bring.
16 Ek is nie skaam om die goeie boodskap te bring nie. Die goeie boodskap is God se krag, dit red almal wat glo, eers die Jode, en dan ook die mense wat nie Jode is nie.
17 Die goeie boodskap wys vir almal dat God doen wat reg is. Dit wys dat Hy mense vryspreek omdat hulle glo, en nét omdat hulle glo. Dit is soos in die Ou Testament geskryf is: Wanneer God mense vryspreekomdat hulle glo,dan sal hulle lewe.
18 God wat in die hemel woon, straf al die mense wat Hom nie dien nie. Almal kan sien dat Hy hulle straf. Hy straf hulle omdat hulle baie verkeerde dinge doen, so baie verkeerde dinge dat nie een van hulle weet wat die waarheid is nie.
19 Hulle weet die dinge wat mense van God kan weet, want God het dit vir hulle gewys.
20 Mense sien van die begin af alles wat God gemaak het. Hulle kan nie vir God sien nie, maar hulle kan verstaan dat Hy altyd sterk is en dat Hy God is. Hulle kan dit weet omdat hulle sien wat Hy gedoen het. Daarom kan hulle nie sê dat hulle dit nie weet nie.
21 Hulle ken God, maar hulle respekteer Hom nie en hulle sê nooit vir Hom dankie nie. Hulle is dom, hulle doen nie wat God wil hê nie. Hulle verstaan niks, hulle is soos mense wat in die donker lewe.