29 Hulle doen baie verskillende verkeerde dinge. Hulle is sleg, hulle wil alles hê wat hulle sien en hulle doen graag slegte dinge. Hulle is jaloers, hulle maak ander mense dood, hulle stry met mekaar, hulle bedrieg mekaar en hulle hou daarvan om slegte dinge te doen. Hulle skinder,
30 hulle sê slegte dinge van ander mense. Hulle haat God, hulle is hoogmoedig, hulle dink hulle is baie goed en hulle hou daarvan om te spog. Hulle dink altyd aan nuwe slegte dinge om te doen. Hulle luister nie vir hulle ouers nie.
31 Hulle doen dom dinge, ’n mens kan hulle nie vertrou nie, hulle is nie lief vir ander mense nie, hulle is vir niemand jammer nie.
32 Hulle weet dat God se wette sê Hy sal mense straf as hulle daardie verkeerde dinge doen, Hy sal hulle laat sterf. Maar hulle hou aan om die verkeerde dinge te doen en hulle sê ook dit is goed wanneer ander mense daardie dinge doen.