8 Maar ek wil eers vir Jesus Christus vra om vir my God te sê dat ek dankie sê, want oral in die wêreld praat die mense daaroor dat julle in Christus glo.
9 Ek dien God met my hele hart en ek bring vir mense die goeie boodskap oor die Seun van God. Ek dink altyd aan julle, God weet dit is waar.
10 Elke maal wanneer ek bid, dan vra ek weer vir God of Hy my sal toelaat om na julle toe te kom.
11 Ek wil graag na julle toe kom. Ek wil vir julle ’n genadegawe van die Heilige Gees kom gee sodat julle geloof sterker kan word.
12 Dan sal julle mý geloof sterker maak, en ek sal júlle geloof sterker maak.
13 Vriende, dit is belangrik dat julle moet weet dat ek baie maal besluit het om na julle toe te kom, maar elke maal het iets gebeur, en dan kon ek nie kom nie. Ek wil na julle toe kom, want ek wil graag hê dat daar by júlle ook mense moet wees wat in Christus glo, soos dit ook by ander heidene gebeur het toe ek daar gewerk het.
14 Ek moet al die mense dien: die Grieke en die mense wat nie Grieke is nie, die mense wat wysheid het en die mense wat nie wysheid het nie.