13 Want in die Ou Testament is geskryf: Die Here red almalwat tot Hom bid en wat vraHy moet hulle red.
14 Maar mense kan net vir die Here vra dat Hy hulle moet red as hulle in Hom glo. En hulle kan net in die Here glo as hulle van Hom gehoor het. En hulle kan net van die Here hoor as iemand vir hulle preek.
15 En mense kan net gaan preek as iemand anders hulle stuur om te gaan preek. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Dit is mooi wanneer iemand komen goeie nuus bring.
16 Maar die Israeliete het nie almal geglo nie. Daarom vra Jesaja: Here, wie hetons boodskap geglo?
17 Mense kan net glo as hulle die boodskap gehoor het, en die boodskap wat hulle moet hoor, is die boodskap oor Christus.
18 Ek vra: Het die Israeliete die boodskap gehoor? Ja, hulle hét dit gehoor, dit is seker, want in die Ou Testament is geskryf: Hulle boodskap het gekomby al die mense op die aarde,die dinge wat hulle sê, het gekomby al die mense van die wêreld.
19 Ek vra: Het die Israeliete die boodskap verstaan? Ja, hulle hét dit verstaan, want Moses het lank gelede gesê dat God sê: Ek sal julle jaloers maakop ’n volk wat nie regtig’n volk is nie,en Ek sal julle kwaad maakvir ’n volk wat niksverstaan nie.