16 Maar die Israeliete het nie almal geglo nie. Daarom vra Jesaja: Here, wie hetons boodskap geglo?
17 Mense kan net glo as hulle die boodskap gehoor het, en die boodskap wat hulle moet hoor, is die boodskap oor Christus.
18 Ek vra: Het die Israeliete die boodskap gehoor? Ja, hulle hét dit gehoor, dit is seker, want in die Ou Testament is geskryf: Hulle boodskap het gekomby al die mense op die aarde,die dinge wat hulle sê, het gekomby al die mense van die wêreld.
19 Ek vra: Het die Israeliete die boodskap verstaan? Ja, hulle hét dit verstaan, want Moses het lank gelede gesê dat God sê: Ek sal julle jaloers maakop ’n volk wat nie regtig’n volk is nie,en Ek sal julle kwaad maakvir ’n volk wat niksverstaan nie.
20 En later het Jesaja dit reguit gesê. Hy het gesê dat God sê: Ek het mense na My toe laat komwat My nie gesoek het nie,Ek het verskyn aan mensewat nie gevra hetwaar Ek is nie.
21 Maar God sê oor die Israeliete: Ek het my hande uitgesteekna hulle toe, elke dag,maar hulle was ongehoorsameen hardkoppige mense.