1 Iemand sal miskien vra: “Het God sy volk gelos?” Nee, nooit nie. Julle moet onthou, ek is ook ’n Israeliet, ek is van die nageslag van Abraham. Ek behoort aan die Benjamin-stam.
2 God het nie sy volk gelos nie. Hy het hulle gekies om aan Hom te behoort. Hy het hulle gekies voordat Hy alles gemaak het. Julle moet onthou wat die Ou Testament oor Elia sê. Elia het by God gekla oor die Israeliete. Elia het gesê:
3 “Here, die Israeliete het u profete doodgemaak, en hulle het u altare afgebreek. Ek het alleen oorgebly. En nou wil hulle my ook doodmaak.”
4 Maar God het vir Elia gesê: “Ek het vir My 7 000 mense laat oorbly wat nie hulle knieë gebuig het en vir Baäl aanbid het nie.”
5 God het nou ook mense laat oorbly. Dit is die mense wat Hy gekies het om aan Hom te behoort omdat Hy baie goed wil wees vir hulle.
6 God het hulle gekies omdat Hy baie goed wil wees vir hulle, nie omdat hulle goeie dinge gedoen het nie. As God hulle gekies het omdat hulle goeie dinge gedoen het, dan is dit nie regtig genade nie.