9 En Dawid sê in die Ou Testament: U moet hulle strafdaar by hulle offer-etes,U moet hulle laat valsoos voëls in vangnette val.Hulle moet val en seerkry,U moet hulle straf.
10 U moet hulle blind maaksodat hulle nie kan sien nie.U moet elkeen se rugkrom maaksodat hulle nooit weer kanloop nie.
11 Die Israeliete het sonde gedoen toe hulle nie in Christus geglo het nie. Nou vra ek: Is hulle heeltemal verlore? Nee, nooit nie! Die Israeliete het sonde gedoen, maar omdat hulle sonde gedoen het, het God die heidene gered. Hy het dit gedoen sodat die Israeliete jaloers kan word.
12 Ja, die Israeliete het sonde gedoen, en daarom het die ander mense in die wêreld al die goeie dinge gekry wat God wil gee. Die Israeliete het al die goeie dinge verloor, en die heidene het al die goeie dinge gewen. Nou moet julle dit weet: Wanneer God al die Israeliete red wat Hy wil red, dan sal die heidene nog baie meer goeie dinge kry.
13 Ek sê vir julle, vir julle wat heidene is: Ek is ’n apostel en God het vir my die werk gegee om na die heidene toe te gaan. Ek doen hierdie werk baie goed
14 en ek hoop die Israeliete word jaloers wanneer hulle sien dat God die heidene red. Dan kan God party van die Israeliete ook red.
15 Toe God die Israeliete gelos het, het Hy die sonde weggeneem van ander mense in die wêreld. Nou is alles reg tussen die ander mense en God. Julle moet dit weet: Wanneer God die Israeliete weer aanneem om aan Hom te behoort, dan sal dit wees soos wanneer Hy dooie mense weer laat lewe.