1 Elke mens moet gehoorsaam wees aan die regering wat oor hom regeer, want God het elke regering gekies en aangestel. Elke regering kom van God.
2 Wanneer iemand ongehoorsaam is aan die regering, dan is hy ongehoorsaam aan die regering vir wie God gekies en aangestel het. En God sal almal straf wat ongehoorsaam is aan die regering.
3 Wanneer iemand goeie dinge doen, dan kan hy weet hy moenie bang wees vir die regering nie, maar wanneer hy slegte dinge doen, dan moet hy bang wees. As jy nie bang wil wees vir die regering nie, dan moet jy goeie dinge doen. Dan sal die regering jou prys.
4 Die regering werk vir God, en dit is goed vir jou. Wanneer jy slegte dinge doen, dan moet jy bang wees vir die regering, want dan moet die regering jou straf. Die regering werk vir God en die regering moet almal straf wat slegte dinge doen.