1 Daar is gelowiges wat twyfel, hulle geloof is swak. Julle moet hulle aanvaar. Hulle dink miskien anders as julle oor party dinge en hulle dink hulle is reg. Julle moenie met hulle daaroor stry nie.
2 Party gelowiges glo ’n mens mag alles eet. Maar party gelowiges se geloof is swak, en hulle dink ’n mens mag net groente eet.
3 Die gelowiges wat alles eet, moenie dink dat die ander gelowiges nie belangrik is nie, die gelowiges wat nie alles eet nie. Die gelowiges wat nie alles eet nie, moenie sê die gelowiges wat alles eet, doen verkeerd nie, want God het die gelowiges wat alles eet, ook aanvaar.
4 Dit is nie júlle wat mag besluit of ’n ander man se slaaf reg of verkeerd doen nie, sy eienaar besluit dit. Daarom, die gelowiges wat alles eet, doen reg, want dit is die Hére wat hulle reg laat doen, Hy kan dit doen.
5 Daar is gelowiges wat dink een dag in die week is belangriker as die ander dae, en daar is ander gelowiges wat dink al die dae in die week is dieselfde. Maar hulle almal moet in hulle harte baie seker wees dat dit wat hulle dink, reg is.