7 Ons lewe nie om onsself te dien nie en ons sterf nie om onsself te dien nie.
8 Wanneer ons lewe, dan lewe ons om die Here te dien. En wanneer ons sterf, dan sterf ons om die Here te dien. Ja, wanneer ons lewe, dan behoort ons aan die Here, en wanneer ons sterf, dan behoort ons aan die Here.
9 Christus het gesterf, en Hy het weer begin lewe sodat Hy kan regeer oor almal, almal wat dood is en almal wat lewe.
10 Jy moenie sê die ander gelowiges doen verkeerd nie. En jy moenie dink die ander gelowiges is onbelangrik nie. Jy moet onthou: God sal ons almal eendag oordeel wanneer ons voor sy regterstoel staan.
11 Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Die Here sê:Ek het dit vir Myself belowe,Ek het gesê:Elke knie sal voor My buig,elke mens sal sê hy weetEk is God.
12 Dit beteken: Elkeen van ons sal self vir God moet antwoord oor alles wat ons gedoen het.
13 Die gelowiges wat ’n sterk geloof het, moet ophou sê die gelowiges wat ’n swak geloof het, doen verkeerd. En die gelowiges wat ’n swak geloof het, moet ophou sê die gelowiges wat ’n sterk geloof het, doen verkeerd. Ons moet besluit om nie dinge te doen wat ander gelowiges sonde laat doen of wat hulle laat ophou glo nie.