1 Febe is een van die gelowiges en sy is ’n diaken van die kerk in die stad Kenchreë. Julle kan haar vertrou.
2 Sy behoort aan die Here en daarom moet julle haar welkom laat voel soos julle almal welkom laat voel wat aan die Here behoort. Julle moet ook vir haar help en vir haar alles gee wat sy nodig het, want sy het vir baie ander mense gehelp. Sy het ook vir my gehelp.
3 Ek stuur groete vir Priska en Akwila. Hulle werk saam met my vir Christus Jesus.
4 Hulle het my lewe gered, maar hulle het toe amper self gesterf. Ek en die gemeentes van die heidene sê dankie dat hulle my lewe gered het.
5 Ek stuur ook groete vir die gemeente wat bymekaarkom in die huis van Priska en Akwila.Ek stuur groete vir my goeie vriend Epenetus. Hy was die eerste persoon in Asië wat in Christus begin glo het.
6 Ek stuur groete vir Maria. Sy het baie hard vir julle gewerk.