5 Ek stuur ook groete vir die gemeente wat bymekaarkom in die huis van Priska en Akwila.Ek stuur groete vir my goeie vriend Epenetus. Hy was die eerste persoon in Asië wat in Christus begin glo het.
6 Ek stuur groete vir Maria. Sy het baie hard vir julle gewerk.
7 Ek stuur groete vir Andronikus en Junias. Hulle is ook Jode soos ek en hulle was saam met my in die tronk. Hulle is belangrike apostels en hulle het in Christus geglo voordat ek in Hom geglo het.
8 Ek stuur groete vir my liewe Ampliatus. Hy behoort ook aan die Here.
9 Ek stuur groete vir Urbanus. Hy het saam met ons gewerk vir Christus.Ek stuur groete vir my liewe Stagis.
10 Ek stuur groete vir Apelles. Hy behoort aan Christus en hy het gewys ’n mens kan glo dat hy sal doen wat hy sê.Ek stuur groete vir almal in die huis van Aristobulus.
11 Ek stuur groete vir Herodion. Hy is ook ’n Jood soos ek.Ek stuur groete vir almal in die huis van Narsissus wat aan die Here behoort.