20 Jy dink jy is soos iemand wat vir mense leer, mense wat niks verstaan nie. Jy dink jy is soos ’n onderwyser wat vir kindertjies leer. Jy dink dat alles wat ’n mens moet weet in God se wette is en dat al die waarheid in die wette is, en jy hét daardie wette.
21 Maar jy dink verkeerd. Jy leer vir ander mense, maar jy leer nie vir jouself nie. Jy sê vir ander mense hulle mag nie steel nie, maar jy self steel.
22 Jy sê vir ander mense hulle mag nie egbreuk pleeg nie, maar jy self pleeg egbreuk. Jy sê jy haat afgode, maar jy steel goed uit die afgode se tempels.
23 Jy spog omdat jy God se wette het, maar jy doen nie wat die wette sê nie en so wys jy dat jy nie vir God respekteer nie.
24 Daarom gebeur wat in die Ou Testament geskryf is. Daar is geskryf: Julle doen verkeerde dinge,en daarom praat die heidenesleg van God.
25 As jy doen wat God se wette sê, dan is dit goed dat jy besny is. Maar as jy nie doen wat God se wette sê nie, dan beteken dit niks dat jy besny is nie, dan is jy soos die mense wat nie besny is nie.
26 As mense nie besny is nie en hulle doen wat God se wette sê, dan sal God sê dit maak nie saak dat hulle nie besny is nie. Hulle is dan vir God dieselfde soos die mense wat besny is.