1 Is dit belangrik dat iemand ’n Jood is of dat hy besny is?
2 Ja, dit is baie belangrik. Die belangrikste is dat God met die Jode gepraat het en dat Hy sy woorde vir hulle gegee het.
3 Maar party van die Jode doen nie wat hulle belowe het nie, hulle dien nie vir God nie. Sal God nou ook nie doen wat Hy vir die Jode belowe het nie?
4 Nee, nooit nie! God doen altyd wat Hy belowe. Dit is mense wat nie doen wat hulle sê nie. Daarom is daar in die Ou Testament geskryf: O God, wanneer U iets sê,dan is dit reg.Mense wat probeer om vir Ute beskuldig, verloor altyd.
5 Party mense sê dat wanneer ons verkeerde dinge doen, dan kan ’n mens beter sien dat God altyd reg doen. Moet ons dan sê God is verkeerd wanneer Hy ons straf?