3 Maar party van die Jode doen nie wat hulle belowe het nie, hulle dien nie vir God nie. Sal God nou ook nie doen wat Hy vir die Jode belowe het nie?
4 Nee, nooit nie! God doen altyd wat Hy belowe. Dit is mense wat nie doen wat hulle sê nie. Daarom is daar in die Ou Testament geskryf: O God, wanneer U iets sê,dan is dit reg.Mense wat probeer om vir Ute beskuldig, verloor altyd.
5 Party mense sê dat wanneer ons verkeerde dinge doen, dan kan ’n mens beter sien dat God altyd reg doen. Moet ons dan sê God is verkeerd wanneer Hy ons straf?
6 Nee, nooit nie! As dit wat hulle sê, reg is, dan mag God nooit sê mense is verkeerd nie en dan mag Hy hulle nie straf nie.
7 Party mense sê dat wanneer ons leuens vertel, dan kan ander mense beter sien dat God altyd reg doen en dan kan hulle Hom prys. Hulle sê daarom mag God nie sê ons is sondaars nie en daarom mag Hy ons nie straf nie. Maar daardie mense is verkeerd!
8 Daar is mense wat verkeerd van ons praat. Hulle sê ons sê dat ons slegte dinge moet doen sodat daar goeie dinge met ons kan gebeur. Maar hulle praat nie die waarheid nie. God moet hulle straf, en Hy sal dit doen.
9 Mag ons sê dat ons onskuldig is en dat ons nie sonde doen nie? Nee, nooit nie! Ek het in die begin van hierdie brief gesê dat almal skuldig is. Ek het gesê almal is vol sonde, die Jode én die mense wat nie Jode is nie.