13 Mag ons dan sê die wette wat goed is, het my doodgemaak? Nee, nooit nie! Dit is die sonde wat my doodgemaak het. Die sonde gebruik God se goeie wette om my dood te maak sodat almal kan weet wat die sonde is. Ja, die sonde gebruik die wette, en so word die sonde altyd meer.
14 Ons weet dat die Heilige Gees die wette gegee het, maar ek is ’n mens, ek doen slegte dinge, ek is ’n slaaf van die sonde.
15 Ek verstaan nie wat ek doen nie. Ek wil goeie dinge doen, maar dan doen ek dit nie. Ek doen slegte dinge, dinge wat ek haat.
16 En wanneer ek dinge doen wat ek nie wil doen nie, dan besef ek dat die wette goed is.
17 Want dit is nie ék wat die slegte dinge doen nie, dit is die sónde wat in my is.
18 Ek weet daar is niks in my wat goed is nie. Ek wil graag goeie dinge doen, maar ek doen dit nie.
19 Ja, ek doen nie die goeie dinge wat ek graag wil doen nie, maar ek doen die slegte dinge wat ek nie wil doen nie.