1 Ek behoort aan Christus, en die Heilige Gees help my om te weet wat reg is en wat verkeerd is. Daarom praat ek die waarheid, ek lieg nie wanneer ek vir julle sê
2 dat ek baie hartseer is en dat ek nooit ophou treur oor my mense nie.
3 Hulle is my broers, my eie mense. As God húlle sal red, dan sal ek tevrede wees as Hy mý vervloek en mý van Christus wegneem.
4 Ja, hulle is Israeliete, God het hulle aangeneem om sy kinders te wees, Hy het vir hulle gewys Hy is Koning, Hy het verbonde gemaak met hulle, Hy het sy wette vir hulle gegee, Hy het vir hulle gesê hoe hulle Hom moet dien, Hy het baie dinge vir hulle belowe.
5 Hulle voorvaders was die belangrike voorvaders, almal weet wie hulle was. Die Christus was ook ’n Israeliet, Christus wat oor alles regeer. Hy is God, en ons moet Hom altyd prys. Amen.
6 Julle moenie dink dat God iets belowe het en dit het nie gebeur nie. Julle moet weet dat baie Israeliete nie ware Israeliete is nie.