16 Dit wys vir ons: God kies nie mense omdat hulle goeie dinge doen of wil doen nie. God kies mense omdat Hy goed wil wees vir hulle.
17 Want in die Ou Testament sê God vir die farao: Ek het jou ’n koning laat wordsodat Ek kan wyshoe sterk Ek isen sodat almal op die aardekan weet wie Ek is.
18 Ja, God doen wat Hy wil. Hy is goed vir party mense en Hy maak party mense hardkoppig.
19 Jy sê nou miskien: “God doen wat Hy wil doen, en mense kan dit nie keer nie. Hoekom is Hy ontevrede met dit wat ek doen?”
20 Maar jy moet onthou jy is net ’n mens en jy kan nie teen God praat nie. Dit is dieselfde wanneer iemand iets maak. Daardie ding kan nie vir die persoon wat hom gemaak het, vra “Hoekom het jy my só gemaak?” nie.
21 Jy kan ook dink aan ’n pottebakker. ’n Pottebakker kan enige iets van sy klei maak, enige iets wat hy wil. Hy kan van dieselfde stuk klei een ding maak wat baie spesiaal is en hy kan ’n ander ding maak wat nie spesiaal is nie.
22 God doen dieselfde: Daar is party mense vir wie God moes gestraf het, en Hy wou hulle straf. God wou wys hoe sterk Hy is. Ja, Hy moes hulle gestraf het, Hy moes hulle vir altyd laat sterf het, maar Hy was geduldig, Hy het hulle nie gestraf nie.