11 Jy moet hulle keer sodat hulle nie daardie verkeerde stories vertel nie. Want wanneer hulle vir mense dinge leer wat hulle nie vir hulle moet leer nie, dan maak hulle die mense in party huisgesinne heeltemal deurmekaar, mense wat in Christus glo. Hulle doen hierdie dinge om geld te kry, en dit is ’n skande.
12 Een van die mense van Kreta het soos ’n profeet gepraat. Hy het gesê:Die mense van Kreta lieg altyd,hulle is soos gevaarlike diere,hulle wil altyd eet en hulle is lui.
13 Hierdie man het die waarheid gepraat. Daarom moet jy reguit vir hulle sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is. Jy moet dit doen sodat hulle die regte dinge kan glo.
14 Hulle moet ophou om te luister na die Jode se stories wat nie waar is nie. Hulle moet ook nie luister na ander mense wat vir hulle sê wat hulle moet doen nie. Hulle moet ophou om te luister na daardie mense, want dit is mense wat self nie meer wil luister na die waarheid nie.
15 Alles is rein vir mense wat net vir God dien. Maar party mense dink verkeerde dinge, hulle gedagtes is vuil van die sonde, en hulle glo nie in Christus nie, niks is rein vir hulle nie. Hulle kan nie reg dink nie en hulle weet nie wat is reg of verkeerd nie, want die sonde het alles wat hulle dink, vuil laat word.
16 Hulle sê vir almal dat hulle vir God ken, maar die dinge wat hulle doen, wys dat hulle nie vir Hom ken nie. God haat daardie mense, want hulle luister nie na Hom nie en hulle kan nie iets doen wat goed is nie.