3 Hy het getrou met 700 vroue wat dogters van konings was en met 300 byvroue, en sy vroue het hom verlei.
4 Toe Salomo oud geword het, het sy vroue hom verlei om ander gode te dien. Hy het toe nie meer sy God die Here met sy hele hart gedien soos sy pa Dawid gedoen het nie.
5 Salomo het begin om vir Astarte te aanbid. Astarte was die godin van die Sidoniërs. Salomo het ook vir Milkom, die afgod van die Ammoniete, aanbid.
6 Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, hy het nie aangehou om die Here te dien soos sy pa Dawid nie.
7 Hy het op die berg naby Jerusalem ’n offer-plek gebou vir Kemos, die afgod van die Moabiete, en vir Molek, die afgod van die Ammoniete.
8 Hy het dit gedoen vir al sy vroue wat van ander lande gekom het, sodat hulle wierook kon brand en kon offer vir al hulle gode.
9 Die Here het kwaad geword vir Salomo, want Salomo het opgehou om die Here te dien, Salomo het nie meer die God van Israel gedien nie, die God wat twee maal aan hom verskyn het.