13 en die koning het kwaai met hulle gepraat. Hy het nie geluister en gedoen wat die ouer leiers vir hom gesê het nie.
14 Hy het gedoen wat die jongmanne vir hom gesê het. Rehabeam het gesê: “My pa het julle hard laat werk, maar ek sal julle nog harder laat werk. Hy het julle regeer met gewone swepe, ek sal julle regeer met swepe wat soos skerpioene byt.”
15 Die koning het nie geluister na die volk nie, want die Here het dit so laat gebeur. Die Here wou doen wat Hy vir Jerobeam seun van Nebat gesê het toe Hy vir Agija van Silo gestuur het.
16 Toe al die mense van Israel sien die koning luister nie na hulle nie, het hulle vir die koning laat weet:“Ons is nie Dawid se familie nie,die seun van Isaiwas nie een van ons nie.Mense van Israel,gaan terug na julle tente!Dawid, nou moet jyjou eie huis oppas.”Die mense van Israel het toe teruggegaan na hulle tente.
17 Rehabeam was toe koning net van die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.
18 Adoram was die hoof van die mense wat vir die koning moes werk. Koning Rehabeam het vir Adoram gestuur na die mense van Israel toe, maar hulle het vir Adoram doodgegooi met klippe. Koning Rehabeam moes vinnig op sy oorlogkar klim en na Jerusalem vlug.
19 Dit is hoe die mense van Israel opstandig geword het teen die koningshuis van Dawid, en dit het so gebly tot nou toe.