16 Toe al die mense van Israel sien die koning luister nie na hulle nie, het hulle vir die koning laat weet:“Ons is nie Dawid se familie nie,die seun van Isaiwas nie een van ons nie.Mense van Israel,gaan terug na julle tente!Dawid, nou moet jyjou eie huis oppas.”Die mense van Israel het toe teruggegaan na hulle tente.
17 Rehabeam was toe koning net van die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.
18 Adoram was die hoof van die mense wat vir die koning moes werk. Koning Rehabeam het vir Adoram gestuur na die mense van Israel toe, maar hulle het vir Adoram doodgegooi met klippe. Koning Rehabeam moes vinnig op sy oorlogkar klim en na Jerusalem vlug.
19 Dit is hoe die mense van Israel opstandig geword het teen die koningshuis van Dawid, en dit het so gebly tot nou toe.
20 Toe al die mense van Israel hoor dat Jerobeam teruggekom het, het hulle hom laat roep na die vergadering van die leiers en hulle het hom koning gemaak van al die mense van Israel. Niemand het by die koningshuis van Dawid gebly nie, net die mense van die Juda-stam het by Rehabeam gebly.
21 Rehabeam het na Jerusalem gekom en hy het al die manne van die Juda-stam en die Benjamin-stam bymekaargeroep. Hulle was 180 000 soldate wat hy spesiaal gekies het. Rehabeam seun van Salomo wou oorlog maak teen die mense van Israel, hy wou probeer om die land terug te kry.
22 Maar God het vir Semaja, ’n man van God, gesê: