13 Die ou profeet sê toe vir sy seuns hulle moet vir hom ’n donkie opsaal, en hy het op die donkie geklim
14 en gery om die man van God te gaan soek. Hy het die man van God gekry, die man het onder ’n groot boom gesit. Die ou profeet het vir hom gevra: “Is jy die man van God wat van Juda gekom het?”Die man van God het gesê: “Ja, ek is.”
15 Die ou profeet sê toe vir hom: “Kom saam met my huis toe en kom eet iets.”
16 Die man van God het vir die ou profeet gesê: “Ek mag nie saam met jou teruggaan na jou huis nie, ek mag nie eet of drink in hierdie plek nie,
17 want die Here het vir my gesê: ‘Jy moenie eet of drink nie en jy moenie teruggaan op die pad waarop jy gekom het nie.’ ”
18 Die ou profeet sê toe vir die man van God: “Ek is ook ’n profeet soos jy. ’n Engel het vir my ’n boodskap van die Here gebring en gesê: ‘Jy moet die man van God saambring na jou huis en jy moet vir hom kos gee om te eet en water om te drink.’ ”Maar die ou profeet het vir die man van God gejok.
19 Toe gaan die man van God saam met die ou profeet terug en hy het in sy huis geëet en gedrink.