16 Die Here sal Israel los omdat Jerobeam hierdie sonde gedoen het en omdat hy die mense van Israel sonde laat doen het.”
17 Jerobeam se vrou het opgestaan en sy het teruggegaan na die stad Tirsa. Toe sy by die deur van die paleis kom, het die kind gesterf.
18 Die mense van Israel het hom begrawe en hulle het almal oor hom gerou. Die Here het voorheen gesê sy dienaar die profeet Agija moet sê dat dit so sal gebeur.
19 Al die ander dinge wat Jerobeam gedoen het, hoe hy oorlog gemaak het en hoe hy regeer het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.
20 Jerobeam was 22 jaar lank koning. Hy het gesterf, en sy seun Nadab het koning geword ná hom.
21 Rehabeam seun van Salomo was koning in die land Juda. Hy was 41 jaar oud toe hy koning geword het en hy was 17 jaar lank koning in Jerusalem. Die Here het Jerusalem gekies van al die stede van die stamme van Israel. Die Here het Jerusalem gekies om aan Hom te behoort. Rehabeam se ma was Naäma, sy was ’n Ammonitiese vrou.
22 Die mense van Juda het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hulle het Hom baie kwaad gemaak omdat hulle daardie sondes gedoen het. Hulle het Hom meer kwaad gemaak as hulle voorvaders.