4 Maar omdat die Here lief was vir Dawid, het die Here iemand uit Dawid se nageslag koning laat word in Jerusalem, sodat die lamp van Dawid se nageslag daar kon aanhou brand. Die mense van Jerusalem was veilig.
5 Die Here het iemand uit Dawid se nageslag gekies omdat Dawid dinge gedoen het waarvan die Here hou en omdat hy sy hele lewe lank gehoorsaam was aan alles wat die Here gesê het. Hy het net een maal verkeerd gedoen toe hy Urija die Hetiet se vrou gevat het en vir Urija laat doodmaak het.
6 Daar was altyd oorlog tussen Rehabeam en Jerobeam terwyl Rehabeam gelewe het.
7 Al die ander dinge wat Abia gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda. Daar was oorlog tussen Abia en Jerobeam.
8 Abia het gesterf, en hulle het hom begrawe in die Dawidstad. Sy seun Asa het koning geword ná hom.
9 Asa het koning van Juda geword in die twintigste jaar nadat Jerobeam koning van Israel geword het.
10 Asa was 41 jaar lank koning in Jerusalem. Sy ouma was Maäka, dogter van Abisalom.