21 Daarna was die mense van Israel verdeel in twee groepe. Een helfte van die volk het vir Tibni seun van Ginat gekies. Hulle wou hom koning maak. Die ander helfte van die mense het vir Omri gekies.
22 Die mense wat vir Omri gekies het, was meer as die mense wat vir Tibni gekies het. Toe Tibni sterf, het Omri koning geword.
23 Omri het koning van Israel geword in die een-en-dertigste jaar nadat Asa koning van Juda geword het. Hy was twaalf jaar lank koning, ses jaar lank in Tirsa.
24 Omri het Samaria-berg van Semer gekoop. Hy het vir Semer twee talente silwer daarvoor betaal en hy het daar ’n stad gebou. Hy het die stad Samaria genoem, dit was die naam van die man aan wie die berg behoort het.
25 Omri het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie, hy het slegter dinge gedoen as almal voor hom.
26 Hy het alles gedoen wat Jerobeam seun van Nebat gedoen het, al die sondes wat Jerobeam gedoen het en alles wat hy die mense van Israel laat doen het. Hulle het die Here, die God van Israel, kwaad gemaak, want hulle het afgode gedien.
27 Al die ander dinge wat Omri gedoen het, ook die belangrike dinge wat hy gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.