38 Daar het toe vuur van die Here afgekom. Dit het die brand-offer en die hout en die klippe en die grond alles verbrand. Daar was nie meer water in die sloot nie, die sloot het droog geword.
39 Toe die mense dit sien, het hulle almal gebuig, hulle gesigte was teen die grond. Hulle het gesê: “Die Here, Hy is God! Die Here, Hy is God!”
40 Elia het vir hulle gesê: “Vang die profete van Baäl, julle moenie dat een van hulle wegkom nie!”Hulle het die profete gevang, en Elia het die profete laat bring na die Kison-rivier. Daar het hy hulle doodgemaak.
41 Toe het Elia vir Agab gesê: “Jy moet gaan eet, want ek hoor al klaar hoe val die reën.”
42 Agab het gaan eet, en Elia het tot bo-op Karmel-berg geklim. Daar het hy gebuig tot teen die grond en hy het sy kop tussen sy knieë gesit.
43 Hy het vir die jongman by hom gesê: “Gaan asseblief op en gaan kyk na die see.”Die jongman het hoër opgegaan en gekyk en gesê: “Daar is niks.”Elia het gesê die jongman moet weer gaan kyk, sewe maal.
44 En toe die jongman dit die sewende maal gedoen het, het hy kom sê: “Daar kom ’n klein wolkie op uit die see, die wolkie is so groot soos ’n man se hand.”Toe sê Elia: “Gaan sê vir Agab hy moet sy perde inspan en afgaan. As hy dit nie doen nie, dan sal die reën hom keer en hy sal nie kan wegkom nie.”