1 Agab het vir Isebel alles vertel wat Elia gedoen het, ook dat hy al die profete van Baäl doodgemaak het.
2 Toe stuur Isebel vir Elia ’n boodskap en sê: “Ek bid dat die gode my sal help sodat ek môre hierdie selfde tyd met jou sal gedoen het wat jy met die profete van Baäl gedoen het.”
3 Elia het bang geword. Hy het gereedgemaak en gevlug, sodat Isebel hom nie kan doodmaak nie. Toe hy by die stad Berseba kom, het hy en die jongman by hom daar gerus.
4 Daarna het hy alleen ’n hele dag lank verder in die woestyn in geloop. Hy het daar onder ’n besembos gaan sit en hy het gewens hy sterf. Hy het gesê: “Here, dit is nou genoeg. U moet my laat sterf, want ek is nie beter as my voorvaders nie.”
5 Elia het gaan lê, en hy het onder die besembos aan die slaap geraak. Toe kom daar ’n engel en die engel raak aan hom en sê vir hom: “Jy moet opstaan en eet.”
6 Toe Elia kyk, sien hy by sy kop ’n gaar roosterkoek en ’n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.