3 Elia het bang geword. Hy het gereedgemaak en gevlug, sodat Isebel hom nie kan doodmaak nie. Toe hy by die stad Berseba kom, het hy en die jongman by hom daar gerus.
4 Daarna het hy alleen ’n hele dag lank verder in die woestyn in geloop. Hy het daar onder ’n besembos gaan sit en hy het gewens hy sterf. Hy het gesê: “Here, dit is nou genoeg. U moet my laat sterf, want ek is nie beter as my voorvaders nie.”
5 Elia het gaan lê, en hy het onder die besembos aan die slaap geraak. Toe kom daar ’n engel en die engel raak aan hom en sê vir hom: “Jy moet opstaan en eet.”
6 Toe Elia kyk, sien hy by sy kop ’n gaar roosterkoek en ’n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
7 Maar toe raak die engel weer aan hom en hy sê: “Jy moet opstaan en eet. As jy dit nie doen nie, dan sal jy nie die hele pad kan loop nie.”
8 Elia het toe opgestaan en geëet en gedrink. En daardie kos het hom so sterk gemaak dat hy 40 dae en 40 nagte lank geloop het tot by Horeb, die berg van God.
9 Daar het hy by ’n grot gekom en gaan slaap. Toe hoor hy die Here vra vir hom: “Elia, wat doen jy hier?”