10 Dawid het gesterf, en hulle het hom begrawe in die Dawidstad.
11 Hy was 40 jaar lank koning, sewe jaar in Hebron en 33 jaar in Jerusalem.
12 Salomo het op die troon van sy pa Dawid gaan sit. Almal het geweet dat hy nou die koning is.
13 Adonia seun van Gaggit het na Salomo se ma Batseba toe gekom. Batseba het vir hom gevra: “Kom jy soos ’n vriend?”Adonia het gesê: “Ja, ek kom soos ’n vriend.
14 Ek wil met jou praat oor iets.”Batseba sê toe: “Jy mag praat.”
15 Toe sê Adonia: “Jy weet dat ek koning sou geword het en dat al die Israeliete dit aanvaar het. Maar die Here het iets anders laat gebeur, my broer het koning geword.
16 En nou is daar een ding wat ek vir jou wil vra, en jy moenie vir my nee sê nie.”Batseba het gesê: “Jy mag vra.”