22 Die profeet het daarna weer by Agab gekom en hy het vir Agab gesê: “Jy moet nou meer soldate kry en jy moet goeie planne maak, want naby die einde van die jaar sal die koning van Aram jou weer kom aanval.”
23 Die offisiere van Ben-Hadad, die koning van Aram, het vir hom gesê: “Die gode van die Israeliete is berg-gode, daarom was hulle te sterk vir ons. Dit sal beter wees as ons op gelyk grond oorlog maak teen hulle, dan sal ons sterker wees as hulle.
24 Dit is wat jy moet doen: Jy moet die konings uitskop en jy moet goewerneurs in hulle plekke kies en aanstel.
25 Jy moet self weer manne kies in die plek van jou manne wat gesterf het en jy moet perde en oorlogkarre kry soos jy gehad het. Ons moet op gelyk grond oorlog maak teen hulle, dan sal ons sterker wees as hulle.”Ben-Hadad het na hulle geluister en hy het dit gedoen.
26 Naby die einde van die jaar het Ben-Hadad gesê die Arameërs moet gereedmaak om oorlog te maak. Hulle het na die stad Afeka gegaan om oorlog te maak teen Israel.
27 Die Israeliete het ook gereedgemaak en hulle het genoeg kos saamgeneem. Hulle het gegaan om die Arameërs te ontmoet. Die Israeliete het hulle tente opgeslaan oorkant die Arameërs se tente. Die tente was soos twee troppe bokke. Die Arameërs was oral in die land.
28 En toe kom ’n man van God by die koning van Israel en hy sê vir hom: “Die Here sê: Die Arameërs het gesê dat Ek ’n berg-god is, nie ’n god van gelyk plekke nie. Daarom sal Ek jou laat wen teen hierdie baie soldate, en jy sal weet dat Ek die Here is.”