26 Naby die einde van die jaar het Ben-Hadad gesê die Arameërs moet gereedmaak om oorlog te maak. Hulle het na die stad Afeka gegaan om oorlog te maak teen Israel.
27 Die Israeliete het ook gereedgemaak en hulle het genoeg kos saamgeneem. Hulle het gegaan om die Arameërs te ontmoet. Die Israeliete het hulle tente opgeslaan oorkant die Arameërs se tente. Die tente was soos twee troppe bokke. Die Arameërs was oral in die land.
28 En toe kom ’n man van God by die koning van Israel en hy sê vir hom: “Die Here sê: Die Arameërs het gesê dat Ek ’n berg-god is, nie ’n god van gelyk plekke nie. Daarom sal Ek jou laat wen teen hierdie baie soldate, en jy sal weet dat Ek die Here is.”
29 Die twee groepe soldate het sewe dae lank oorkant mekaar in hulle tente gebly. Op die sewende dag het die oorlog begin, en die Israeliete het op een dag 100 000 Arameërs doodgemaak. Dit was voetsoldate.
30 Die Arameërs wat oorgebly het, het in die stad Afeka in gevlug, maar toe het die muur van die stad omgeval op die 27 000 manne wat oorgebly het. Ben-Hadad het in die stad van die een kamer na die ander kamer gevlug.
31 Sy offisiere het vir hom gesê: “Luister asseblief, ons het gehoor dat die konings van Israel genadig is. Ons moet rouklere aantrek en toue om ons koppe bind en ons moet na die koning van Israel toe gaan. Miskien sal hy jou nie doodmaak nie.”
32 Hulle trek toe rouklere aan en hulle bind toue om hulle koppe en hulle gaan na die koning van Israel toe en hulle sê vir hom: “Jou slaaf Ben-Hadad vra: ‘Jy moet my asseblief nie doodmaak nie.’ ”En toe vra Agab: “Lewe Ben-Hadad nog? Hy is my broer!”