1 Konings 20:34-40 ABA

34 Ben-Hadad het vir Agab gesê: “Agab, ek gee die stede terug wat my pa van jou pa gevat het, en jy kan vir jou plekke in die strate van Damaskus maak om goed te koop en te verkoop, soos my pa in Samaria gedoen het.”Agab het vir Ben-Hadad gesê hy sal hom vry laat weggaan as hy ’n ooreenkoms met hom maak. Ben-Hadad het dit gedoen, en Agab het hom laat gaan.

35 Een van die profete het vir sy vriend gesê: “Slaan my, asseblief.”Die Here het gesê hy moet dit sê. Maar sy vriend wou hom nie slaan nie, hy het dit nie gedoen nie.

36 Toe sê die profeet vir sy vriend: “Jy het nie gedoen wat die Here gesê het nie. Daarom, wanneer jy hier weggaan van my, dan sal ’n leeu jou vang.”En toe die vriend weggaan van die profeet, het ’n leeu hom gevang en hom doodgemaak.

37 Die profeet kom toe by ’n ander vriend en hy sê vir hom: “Slaan my asseblief.”Die man het hom stukkend geslaan.

38 Toe gaan die profeet en hy wag op die pad vir die koning. Die profeet het sy oë met ’n lap toegebind sodat mense nie kan weet wie hy is nie.

39 Toe die koning daar verbykom, skree die profeet en hy vra dat die koning hom moet help. Hy het gesê: “Ek het oorlog toe gegaan, en iemand het ’n man na my toe gebring en vir my gesê: ‘Jy moet hierdie man oppas. As hy vlug en wegkom, dan sal jy sterf in sy plek, of jy moet ’n talent silwer betaal.’

40 Ek was besig met ander dinge en toe ek weer kyk, was die man nie meer daar nie.”Toe sê die koning van Israel vir die profeet: “Jy het self gesê wat met jou moet gebeur, jy is skuldig.”