37 Die profeet kom toe by ’n ander vriend en hy sê vir hom: “Slaan my asseblief.”Die man het hom stukkend geslaan.
38 Toe gaan die profeet en hy wag op die pad vir die koning. Die profeet het sy oë met ’n lap toegebind sodat mense nie kan weet wie hy is nie.
39 Toe die koning daar verbykom, skree die profeet en hy vra dat die koning hom moet help. Hy het gesê: “Ek het oorlog toe gegaan, en iemand het ’n man na my toe gebring en vir my gesê: ‘Jy moet hierdie man oppas. As hy vlug en wegkom, dan sal jy sterf in sy plek, of jy moet ’n talent silwer betaal.’
40 Ek was besig met ander dinge en toe ek weer kyk, was die man nie meer daar nie.”Toe sê die koning van Israel vir die profeet: “Jy het self gesê wat met jou moet gebeur, jy is skuldig.”
41 Die profeet ruk toe vinnig die lap van sy oë af, en die koning van Israel sien dat hy een van die profete is.
42 Toe sê die profeet vir die koning: “Die Here sê: Ek wou hê Ben-Hadad moet sterf, maar jy het hom vry laat weggaan. Daarom moet jy nou sterf in sy plek, en jou volk sal sterf in sy volk se plek.”
43 Die koning van Israel was moedeloos en kwaad. Hy het weggegaan huis toe en hy het in Samaria gekom.