11 Die leiers en die amptenare wat saam met Nabot in sy stad gewoon het, het gedoen wat Isebel vir hulle geskryf het in die briewe wat sy vir hulle gestuur het.
12 Hulle het ’n vasdag gehou en hulle het vir Nabot voor die mense laat sit.
13 Hulle het twee manne gebring wat kan jok en hulle het die manne voor Nabot laat sit. Die twee manne het toe gepraat teen Nabot en hulle het gesê Nabot het God en die koning vervloek. Toe het hulle vir Nabot uit die stad geneem en hulle het hom doodgegooi met klippe.
14 Hulle het vir Isebel laat weet dat hulle vir Nabot doodgegooi het met klippe.
15 Toe Isebel dit hoor, het sy vir Agab gesê: “Nabot lewe nie meer nie, hy is dood. Nou kan jy Nabot se wingerd gaan vat wat hy nie aan jou wou verkoop nie.”
16 Toe Agab hoor dat Nabot dood is, het hy gereedgemaak om na die wingerd van Nabot van Jisreël te gaan om dit vir hom te vat.
17 Elia van Tisbe het gehoor die Here sê vir hom: