21 Daarom sê die Here: ‘Ek sal dit sleg laat gaan met jou, Ek sal jou nageslag wegvee, Ek sal elke man en seun in die familie van Agab laat doodmaak, elkeen in die land Israel, getroud of ongetroud.
22 Ek sal met jou koningshuis doen wat Ek gedoen het met die koningshuis van Jerobeam seun van Nebat en met die koningshuis van Baesa seun van Agija. Ek doen dit omdat jy My hartseer gemaak het en omdat jy vir Israel sonde laat doen het.’
23 Die Here het ook oor Isebel gepraat. Hy het gesê: ‘Die honde sal vir Isebel opvreet by die muur van Jisreël.
24 Wanneer iemand van Agab in die stad sterf, dan sal die honde hom opvreet, en wanneer iemand van Agab in die veld sterf, dan sal die voëls hom opvreet.’ ”
25 Daar was nie nog iemand wat so sleg was soos Agab nie. Hy het dit geniet om dinge te doen waarvan die Here nie hou nie. Sy vrou Isebel het hom die dinge laat doen.
26 Hy het dinge gedoen wat die Here haat, hy het afgode gedien. Die Amoriete het dit voorheen ook gedoen, en toe het die Here hulle weggejaag uit die land en Hy het die land vir die Israeliete gegee.
27 Toe Agab hoor wat Elia alles gesê het, het hy sy klere geskeur en rouklere om sy lyf gebind en hy het gevas. Hy het geslaap met die rouklere. Hy het rondgeloop en hy het niks gepraat nie.