3 Maar Nabot het vir Agab gesê: “Die Here moet my keer as ek dit wil doen. Ek sal nooit vir jou die grond gee wat ek van my voorvaders gekry het nie.”
4 Toe Agab by die huis kom, was hy moedeloos en kwaad omdat Nabot van Jisreël vir hom gesê het hy sal nie vir hom die grond gee wat hy van sy voorvaders gekry het nie. Agab het op sy bed gaan lê en hy het sy gesig na die muur gedraai. Hy wou nie eet nie.
5 Sy vrou Isebel kom toe by hom en vra vir hom: “Hoekom is jy moedeloos en hoekom eet jy nie?”
6 Hy sê toe vir haar: “Ek het met Nabot van Jisreël gaan praat en vir hom gevra: Gee vir my jou wingerd, ek sal jou betaal, of as jy wil, sal ek vir jou ’n ander wingerd gee. Maar hy het gesê nee, hy sal nie sy wingerd vir my gee nie.”
7 Agab se vrou Isebel sê toe vir hom: “Jy is die koning van Israel. Staan op en eet en wees vrolik. Ek sal ’n plan maak sodat jy Nabot van Jisreël se wingerd kan kry.”
8 Isebel skryf toe briewe en sy sit Agab se naam en sy seël daarop. Toe stuur sy die briewe na die leiers en die amptenare wat saam met Nabot in sy stad gewoon het.
9 In die briewe het sy geskryf: “Julle moet ’n vasdag hou en julle moet vir Nabot voor die mense laat sit.