1 Daar was drie jaar lank nie oorlog tussen die Arameërs en Israel nie.
2 Toe, in die derde jaar, het koning Josafat van Juda by die koning van Israel gekom.
3 Die koning van Israel het vir sy amptenare gesê: “Weet julle, die stad Ramot in die land Gilead behoort aan ons. Hoekom doen ons niks om dit terug te vat van die koning van Aram nie?”
4 Die koning van Israel het vir Josafat gevra: “Sal jy saam met my gaan oorlog maak teen die stad Ramot in Gilead?”Josafat het vir die koning van Israel gesê: “Ek sal saam met jou gaan, en jy kan my manne en my perde ook gebruik.
5 Maar jy moet asseblief vandag eers vra en luister na wat die Here sê.”
6 Die koning van Israel sê toe al die profete moet bymekaarkom. Daar was omtrent 400 profete, en hy vra toe vir hulle: “Moet ek gaan oorlog maak teen Ramot in Gilead of moet ek dit nie doen nie?”Die profete het gesê: “Jy moet gaan. Die Here sal jou laat wen.”