43 Hy het gelewe soos sy pa Asa, hy het nie opgehou om so te doen nie. Hy het dinge gedoen waarvan die Here hou.
44 Hy het net die offer-plekke laat staan. Die mense het nog offers en wierook-offers gebring op die offer-plekke.
45 Daar was vrede tussen Josafat en die koning van Israel.
46 Al die ander dinge wat Josafat gedoen het, ook die belangrike dinge en die oorloë wat hy geveg het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.
47 Daar het tempel-prostitute oorgebly van die tyd toe sy pa koning was. Josafat het hulle uit die land weggejaag.
48 Daar was nie ’n koning in Edom nie, ’n goewerneur het daar regeer.
49 Josafat het skepe laat bou om na Ofir te gaan om goud te gaan haal, maar die skepe het nie gegaan nie, want hulle het gebreek by die stad Esjon-Geber.