18 Simeï seun van Ela was in die distrik Benjamin,
19 Geber seun van Uri was in die land Gilead, in die deel van die land waar Sihon koning van die Amoriete was en waar Og koning van Basan was. Daar was net een distrikshoof in hierdie deel van die land.
20 Die mense van Juda en Israel was so baie soos die sand langs die see. Hulle het genoeg gehad om te eet en te drink, en hulle was gelukkig.
21 Salomo het regeer oor al die lande van die Eufraat-rivier tot by Filistyne-land en die grens van die land Egipte. Die mense van hierdie lande het vir Salomo presente gebring en hulle het vir hom gewerk totdat hy gesterf het.
22 Die kos wat hulle elke dag moes bring vir die mense in Salomo se paleis, was 30 kor fynmeel en 60 kor broodmeel,
23 tien beeste wat hulle in die stalle kos gegee het en 20 beeste wat in die veld gewei het, 100 skape en bokke, en ook nog takbokke, gaselle, gemsbokke en ribbokke, en hoenders en ganse wat hulle in hokke vetgemaak het.
24 Salomo het regeer oor al die lande wes van die Eufraat-rivier, dit was van die stad Tifsag tot by die stad Gasa. Hy het regeer oor al die konings wes van die Eufraat-rivier. Daar was vrede tussen hom en al die konings rondom hom.