29 God het vir Salomo baie wysheid en verstand gegee, hy het geweet van baie dinge, so baie soos die sand op die strand by die see.
30 Hy het meer wysheid gehad as die Oosmense en die mense van Egipte,
31 meer wysheid as al die ander mense, meer wysheid as Etan die Esragiet en meer wysheid as Heman en Kalkol en Darda, die seuns van Magol. Almal in die lande rondom Israel het geweet van Salomo.
32 Hy het 3 000 spreuke en 1 005 liedere geskryf.
33 In die spreuke en liedere het hy gepraat van bome en plante, van die sederbome op die Libanon-berg tot by die hisop-bossies wat uit die mure gegroei het. Hy het ook gepraat van diere en voëls en die klein diertjies wat op die aarde kruip, en oor die visse.
34 Mense van al die volke het kom luister na die wysheid van Salomo. Die konings van die aarde wat gehoor het van Salomo se wysheid, het die mense gestuur om na hom te gaan luister.