11 en Salomo het elke jaar vir Hiram 20 000 kor koring en 20 kor skoon olyf-olie gegee vir die mense in sy paleis.
12 Die Here het vir Salomo wysheid gegee soos Hy belowe het. Daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle het ’n ooreenkoms gemaak.
13 Koning Salomo het 30 000 werkers uit die hele land Israel laat kom
14 en hy het elke maand 10 000 van hulle in groepe na die Libanon-berg gestuur. Hulle was ’n maand op die Libanon-berg en dan weer twee maande by die huis. Adoniram was die hoof van die werkers.
15 Salomo het ook 70 000 mans gehad wat die hout moes dra en 80 000 mans wat die klippe in die berge moes kap.
16 Daar was ook 3 300 hoofde wat moes kyk dat die werkers hulle werk doen.
17 Hulle het groot klippe uitgehaal soos die koning gesê het. Dit was goeie klippe en hulle het dit gekap sodat hulle die fondamente van die tempel daarmee kon bou.