27 Salomo het die twee gerubs in die binneste kamer gesit. Hulle vlerke was oop, die punt van een gerub se vlerk het aan die een muur geraak, en die ander gerub se vlerk het aan die ander muur geraak. In die middel van die kamer het die gerubs se ander vlerke aan mekaar geraak.
28 Hy het die gerubs met goud laat toemaak.
29 Salomo het gerubs, palmbome en blomme laat uitsny op al die mure van die tempel, in die voorste kamer en in die binneste kamer.
30 Hy het ook die vloere van die voorste kamer en die binneste kamer met goud laat toemaak.
31 Hy het twee deure van olyfhout vir die binneste kamer laat maak. Die rame van die deure het vyf hoeke gehad.
32 Hy het gerubs, palmbome en blomme laat uitsny op die twee deure en hy het dit alles met goud toegemaak.
33 Hy het dieselfde gedoen met die deur van die voorste kamer, maar die raam van die deur het vier hoeke gehad. Die raam was van olyfhout.